top of page

Hoe werk Juffrou Marlene se ekstra aanlyn wiskunde klasse?

Welkom by Juffrou Marlene se aanlyn Wiskunde klas – jou kind se sleutel tot sukses in Wiskunde! Met meer as 19 jaar ondervinding in Wiskunde-onderrig en ‘n passie om elke leerder se potensiaal te ontgin, het Juffrou Marlene ‘n aanlyn platform geskep wat nie net verstaanbaar is nie, maar ook toeganklik en bekostigbaar vir elke ouer en leerder.

Hoe werk dit?

Wat behels jou maandelikse inskrywing?

Ons bied ‘n maandelikse subskripsies aan per graadvlak.

Dit beteken dat jy en jou kind:

  • Toegang kry tot alle video-lesse wat kort, maklik verstaanbaar en perfek gestruktureer is om selfvertroue te bou in Wiskunde.

  • Lesse wat ooreenstem met die huidige kurrikulum en jou kind help om nie net by te bly nie, maar ook vooruit te werk.

  • ‘n Leerpad wat ontwerp is om moeilike konsepte stap-vir-stap te verduidelik, met praktiese voorbeelde en wenke wat uit Juffrou Marlene se jare lange ervaring kom

Regstreekse interaktiewe Zoom-sessies

Benewens die video-lesse bied ons weeklikse regstreekse Zoom-sessies aan. Hierdie sessies is ‘n uitstekende geleentheid vir leerders om:

  • Direk vrae te vra oor lesse of take.

  • Moeilike konsepte met Juffrou Marlene self deur te werk.

  • Deel te wees van ‘n ondersteunende leeromgewing waar hulle nie bang hoef te wees om vrae te vra nie.

  • Die Zoom-sessies word teen 'n korting aangebied vir leerders wat ingeteken is op Juffrou Marlene se platform

  • Indien jy nog nie 'n subskripsie het nie, is jy welkom om deel te neem aan die Zoom-sessies teen 'n additionele fooi. 

Hoe om deel te word?

1

Kies jou graadvlak

Kies jou graad om toegang te kry tot al die video-lesse of kies 'n vorige Graad indien jy hersiening te wil doen. 

2

Skryf in

Kry onmiddellik toegang tot die aanlyn platform sodra jy inteken en betaal. 

3

Begin leer!

  • Kyk die video-lesse wanneer dit jou pas in die gemak van jou eie huis of koshuiskamer.

  • Gebruik dit as ‘n hulpmiddel om moeilike onderwerpe te verstaan en op te vang waar nodig.

4

Sluit aan by die Zoom-sessies

  • Bespreek jou plek in die regstreekse Zoom-sessie.

  • Gebruik dit om vrae te vra en seker te maak jy verstaan alles volledig.

Jou kind se sukses is vir ons belangrik

Met haar 19+ jaar ondervinding, haar passie en geduld, is Juffrou Marlene toegewyd om elke leerder op hul eie vlak te help. Hierdie platform is spesiaal ontwerp om selfvertroue in Wiskunde te bou, ongeag jou kind se huidige vaardigheidsvlak.

Kontak Juffrou Marlene

Bly op hoogte met die jongste nuus

  • Facebook

Enige Vrae?

Graad
bottom of page