Hello,
Wie is Juffrou Marlene?
Ek is ’n gebore onderwyseres met ‘n opregte liefde vir kinders en die onderwys. Met meer as 19 jaar se ondervinding in Wiskunde-onderrig, het ek al duisende leerders gehelp om nie net beter punte te behaal nie, maar ook om selfvertroue in hul eie vermoëns te ontwikkel.
Wiskunde is my passie, en ek glo vas dat elke kind die potensiaal het om die vak te bemeester – mits dit op die regte manier aangebied word. Deur ‘n liefde vir die vak te kweek en dit op ‘n logiese, verstaanbare manier te verduidelik, maak ek dit my missie om Wiskunde toeganklik en sinvol te maak vir elke leerder.
Wiskunde gaan nie net oor syfers nie – dit leer jou om krities te dink, probleme op te los en met selfvertroue te redeneer. My doel is om leerders toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het om nie net te slaag nie, maar ook om te floreer.
Ek is gelukkig getroud, en die trotse mamma van drie wonderlike kinders. Ek is ’n positiewe mens wat hou van oefen, ‘n kranige netbalafrigter, en iemand wat altyd die mooi dinge in die lewe raaksien.


